Man ‘vermoor’ vier gesinslede, probeer selfmoord pleeg

ʼn Man is in hegtenis geneem nadat hy glo sy vrou, twee kinders en niggie vermoor en hierna probeer selfmoord pleeg het.

ʼn Polisiewoordvoerder, lt. kol. André Traut, sê lede van die gemeenskap het die 25-jarige man aan die polisie oorhandig na die voorval wat omstreeks 1:30 Donderdagoggend in Harare, Khayelitsha plaasgevind het. “Die oorledenes het glo geslaap toe die man hulle aangeval het. Die lyke van sy vrou (29), niggie (18) en dogtertjie (3) is in die hoofslaapkamer gevind terwyl sy seuntjie (4) se liggaam in die kombuis gevind is.” Traut sê ʼn mes en graaf wat op die toneel gevind is, is moontlik vir die moorde gebruik. Die man is in die hospitaal onder polisiebewaking nadat hy glo probeer selfmoord pleeg het deur batterysuur te drink. Die polisie ondersoek die saak.

– SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.