Man vermoor vir sy skoene en kontant

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 20-jarige man is in hegtenis geneem in verband met ʼn moord in Jouberton in Noordwes, het die polisie Donderdag gesê.

“Die verdagte is Woensdag in hegtenis geneem,” het kapt. Pelonomi Makau, woordvoerder van die polisie, gesê. “Twee mans was op pad huis toe, toe die 20-jarige hulle glo met ʼn mes gedreig en beroof het.”

Een man is regs in sy bors en op sy rug gesteek. Hy is na ʼn hospitaal geneem en het met sy aankoms by die hospitaal aan sy beserings beswyk. Sy skoene en ʼn onbekende bedrag geld is gesteel.

Sy vriend kon vlug.

ʼn Wenk het tot die inhegtenisneming van die 20-jarige man gelei.

Hy sal Vrydag op aanklag van moord in die Klerksdorp-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Eksenet ·

Hy gaan nou seker R100-00 borg betaal (die gesteelde geld) en op die einde van die saak, 30 dae gevangenisstraf kry, opgeskort vir 50 jaar. Hierdie land se wette gaan vir ‘n bol k@k.

GawieM ·

20 Jarige man? Wonder watse verskonings hulle nou as hê nadat die apartheid kaart al minder gebruik kan word.
Daar word in een enkele maand in hierdie land meer mense vermoor en verkrag as in ‘n hele jaar gedurende apartheid. Dit vertel mos die hele storie.

Ria Maritz ·

Mag dalk steeds die rede wees vir hierdie barbaarse optrede, apartheid kry mos die skuld vir alles.

Ja Gawie, die goeie ou dae tydens apartheid waar mense met oop deure, vensters kon slaap, kinders sorgeloos buite kon speel. Ons leef in ons eie tronke.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.