Man vermoor vrou, pleeg selfmoord

‘n 29-jarige man het glo sy 22-jarige vrou met ‘n mes gesteek voor hy haar van die sesde verdieping van hul woonstelgebou gestamp en hierna selfmoord gepleeg het.

IOL berig dat die voorval Sondagaand in Stalwart Simelane (Stanger) straat in die Durbanse middestad plaasgevind het. Diresh Hariechuran sê hy het omstreeks 18:00 Sondagaand met ‘n vriend in die straat staan en gesels toe hy ‘n vrou om hulp hoor skree het by ‘n nabygeleë woonstelblok. “Ons het gesien hoe ‘n vrou aan die balkon vasklou terwyl ‘n man haar by die venster probeer uit dwing het. Sy het kort nadat hy haar met ‘n mes gesteek het by die venster uit geval. Sy het nog geleef maar erg gebloei. Die man het kort hierna uit die venster gespring.” Die man en vrou is albei op die toneel dood. Kol. Jay Naicker, ‘n polisiewoordvoerder, het die voorval bevestig.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.