Man vermoor, vrou verkrag na hulle rylopers oplaai

‘n Man is dood en ʼn vrou verkrag nadat hulle glo rylopers opgelaai het naby Zeerust in Noordwes.

ʼn Polisiewoordvoerder, brig. Thulani Ngubane, sê twee mans en ʼn vrou in ʼn Toyota Prado was Donderdagoggend op pad na Johannesburg om ʼn motor te koop toe hulle twee rylopers opgelaai het. Ngubane sê die rylopers het naby Stilfontein ʼn vuurwapen en ʼn hamer uitgeruk. Die man met die vuurwapen het dit na die bestuurder van die Prado gewys terwyl die ander man die passasiers met die hamer aangerand het. Die bestuurder is beveel om terug te ry via Delareyville. Die rylopers het hierna die twee mans uit die motor gegooi. Een van die mans is dood. Die rylopers het by Delareyville gestop waar hulle die vrou in die bosse ingetrek en verkrag het. Hulle het haar naak in die veld gelos. Die rylopers het met die motor gevlug sowel as R140 000 en twee selfone. Die polisie het die vrou in die veld gekry en na die Delareyville-polisiestasie geneem voor sy na ʼn hospitaal geneem is vir behandeling. Die oorlewende passasier het ernstige kopbeserings opgedoen en is ook in die hospitaal opgeneem. Die polisie ondersoek ʼn saak van moord, poging tot moord, kaping en verkragting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.