Man verongeluk na polisiejaagtog

ʼn Man het verongeluk na ‘n polisiejaagtog in Sasolburg in die Vrystaat.

Moses Dlamini, woordvoerder van die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod), sê die polisie het omstreeks 2:00 Woensdagoggend ʼn silwer Toyota Tazz van die pad af probeer trek maar die bestuurder het weggejaag. “Die polisie beweer hulle het hom agternagesit. Polisiebeamptes het glo op die man se motor losgebrand.” Moeketsi Mafube (22), die bestuurder, het glo beheer verloor oor sy motor en naby ʼn vulstasie in Sebokeng in Gauteng verongeluk. Dlamini sê daar is geen vuurwapens in sy besit gevind nie. Dlamini sê Opod ondersoek ʼn saak van moord en dat niemand nog in hegtenis geneem is in verband met die voorval nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.