Man verskeie kere in die gesig geskiet

Jerome Scholtz, ʼn man van Kaapstad, is dood nadat hy oor die naweek sewe keer in die gesig geskiet is.

Scholtz is vermoedelik deur bendelede buite sy huis in Hanoverpark afgemaai, berig The Daily Voice.

ʼn Vrou is ook in die voorval geskiet, maar is nie ernstig beseer nie.

Brenda Davids, Scholtz se ma, het aan die koerant gesê haar seun behoort nie aan ʼn bende nie, maar het wel dwelms en tik gebruik.

Scholtz is die derde persoon in ‘n week wat glo as gevolg van bendegeweld in die gebied gesterf het.

Verlede week is Devan Klaasen buite sy huis in dieselfde woonbuurt geskiet. Mogammat Noort Cox is ʼn paar dae later geskiet toe hy sy suster se huis verlaat het.

– Sapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.