Man verskyn in hof na hy glo drawwers doodry

Die man wat daarvan beskuldig word dat hy Saterdagoggend vyf drawwers in Midrand doodgery het, het Maandag vlugtig in die Pretoria landdroshof verskyn.

Sbusiso Langa (44) staan tereg op vyf aanklagte van moord, een van poging tot moord en ʼn klag van dronkbestuur. Die saak teen Langa, wat in ʼn strepiespak geklee was, is tot Vrydag uitgestel. Langa was na bewering dronk toe hy Saterdagoggend vir Moroesi Mokoatsi (34), Reneilwe Lesenyeho (31), Gaolojwe Isaac Tlale (37), Nomvula Dumako (35) en Given Mills (30) doodgery het. Langa is glo ʼn meganiese ingenieur van Cosmosdal naby Midrand. Die atlete het glo vir die Soweto-marathon geoefen wat volgende maand plaasvind. Die voorval het omstreeks 6:15 Saterdagoggend in Leverweg plaasgevind. Die minister van vervoer, Sbu Ndebele, het vroeër gevra dat Langa van moord aangekla word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.