Man vind verkeerde lyk in kis

Michael Galant, ʼn inwoner van Kaapstad,  is erg getraumatiseer nadat hy vandeesweek sy vrou se kis by haar begrafnis oopgemaak het, en ʼn vreemdeling daarbinne gekry het.

Ek het my vrou se kis oopgemaak en was baie verward want ek het haar nie herken nie,” het Galant aan die Daily Voice gesê. “My dogter het na my toe gekom en gesê: ‘Dit is nie mamma nie’, en toe weet ek daar is groot fout.”

Sy vrou, Magdalene Galant (58), is Saterdag aan ʼn hartaanval dood. Die begrafnisondernemers kon nie aan die gesin verduidelik hoe die liggame omgeruil is nie en wou hulle aanvanklik oortuig dit is Magdalene se liggaam. Hulle het later glo erken dat hulle die verkeerde liggaam by die lykshuis geneem het. Die maatskappy het vir die blaps omverskoning gevra en belowe om met die onkostes van die begrafnis te help.

– Sapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.