Man vlug van aanvallers, word deur motor omgery

ʼn Man is Saterdagoggend in Motetema, naby Groblersdal, dood nadat ʼn motor hom omgery het terwyl hy van ʼn aanval probeer vlug het, het die polisie van Limpopo gesê.

Lt.kol. Mohale Ramatseba het gesê die 38-jarige Obby Simon Sewela is kort ná middernag Vrydagaand deur twee mans by ʼn taverne met messe in die kop gesteek. Sewela het probeer weghardloop, maar is toe dood nadat ʼn motor hom getref het. Die bestuurder van die motor het nie ná die ongeluk gestop nie, het Ramatseba gesê. Sewela se aanvallers is teen Saterdagmiddag nog nie in hegtenis geneem nie, maar hulle word vir aanranding met die doel om ernstig te beseer gesoek. Die bestuurder van die voertuig, wat nog nie in hegtenis geneem is nie, word vir strafbare manslag gesoek. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.