Man, vrou op Richmond-plaas geskiet

crime-scene-tape-320x214ʼn Man en ʼn vrou is in ʼn kritieke toestand in die hospitaal nadat hulle Vrydagoggend omstreeks 02:00 op Honeywood-plaas naby Richmond in KwaZulu-Natal geskiet is.

Kol. Jay Naicker, ʼn polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media gesê inligting oor die voorval is nog skaars en die polisie is nog besig met die ondersoek. “Die vrou, in haar 30s, is glo deur ʼn man in die huis geskiet. Die man is ook geskiet in die huis aangetref met ʼn vuurwapen steeds in sy hande,” het Naicker gesê.

Chris Botha, ʼn woordvoerder van Netcare911, het gesê albei pasiënte is op die toneel gestabiliseer en na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir behandeling.

Die Richmond-polisie ondersoek ʼn saak van poging tot moord en die besit van ʼn ongelisensieerde vuurwapen. Die name van die man en vrou is nie bekend gemaak nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Trippie ·

Daar kan nou een van ‘n paar redes wees.

Die man het die vrou geskiet en toe probeer om homself om die lewe te bring ;
‘n Derde persoon (man) het op beide die man en vrou geskiet ;
Was dit ‘n plaas-aanval ?

Of verstaan ek alles verkeerd ?

Willy ·

Daardie tyd van die nag! Bly die vreksel is ook geskiet. Hoop hy vrek!

scs ·

Nog n gewelddadige voorval.Was dit n interne aangeleentheid of weer n plaasaanval?Kom SAPD.Ons wil weet.Doen julle ondersoek sodat die familie en publiek weet wat hulle geregtig is om te weet. VERVLAKS!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.