Man vrygelaat ná seun na sy dood val

Hillbrow, Johannesburg

Hillbrow, Johannesburg

ʼn Man wat in hegtenis geneem is nadat ʼn 16-jarige seun uit die sesde verdieping van ʼn gebou in Hillbrow na sy dood geval het, is weer vrygelaat.

“Die polisie het nie die verdagte aangekla nie, omdat die man se vrou geweier het om ʼn verklaring af te lê,” het konst. Carol Mulamu, woordvoerder van die polisie in Gauteng, gesê.

Die man het Nyasha Johwa (16) en sy vrou (34) kaal in hulle bed betrap, het Maroela Media vroeër berig. Hulle het begin stry en die seun is dood aangetref op die sypaadjie.

Mulamu sê die man is ondervra en later vrygelaat. “Die polisie ondersoek steeds of die seun uitgestamp en of hy gespring het.”

Lees ook:
Man van Hillbrow vas ná tiener sterf

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.