Man wat 9-jarige glo verkrag, verbrand bly in aanhouding

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 27-jarige man wat daarvan beskuldig word dat hy ʼn negejarige meisie van Delft verkrag en aan die brand gesteek het, het Dinsdag in die Belville-landdroshof in Kaapstad verskyn.

Staatsaanklaer Sarah Dowries het gesê die saak is uitgestel weens inligting oor die man se aansoek om borgtog. Die man sal in aanhouding bly tot sy volgende hofverskyning op 28 Januarie.

Die man word aangekla van verkragting, seksuele aanranding, ontvoering en poging tot moord. Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het gesê die man se naam mag nie bekend gemaak word voordat hy gepleit het nie.

Die hof was volgepak met ontstoke inwoners van Delft. Die polisie moes in ʼn stadium inwoners buite die hof met traangas uitmekaar jaag om die situasie onder beheer te bring.

Die negejarige is steeds in die Red Cross-kinderhospitaal in ʼn ernstige toestand en word vir brandwonde behandel. Sy is Saterdagaand aangeval. Die aanvaller ken glo die meisie se familie.

“Sy het hom gesmeek om op te hou, sy het vir hom gesê hy moet haar vergewe as sy enigiets verkeerd aan hom gedoen het,” het Kulsum Ismail, ʼn gemeenskapsleier, buite die hof aan SAPA gesê.

– SAPA

Lees ook:
Negejarige verkrag, verbrand

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Ria Maritz ·

Watse borgtog … die vermetelheid … hy moenie eers deur ‘n gewone hof verhoor word nie – gee hom die BOENDOE-HOF !

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.