Man wat drankie op Zuma mors in November gevonnis

Daryl Peense. Foto: Facebook

ʼn Gautengse man wat skuldig bevind is aanranding nadat hy sy drankie op president Jacob Zuma gemors het sal op 1 November gevonnis word.

Daryl Peense het Woensdag vlugtig in die Durbanse landdroshof verskyn. Hy is in Julie vanjaar skuldig bevind aan aanranding nadat hy tydens verlede jaar se Durban July-perdewedren in hegtenis geneem is nadat hy glo sy drankie op Zuma gemors het. Peense het tydens sy verhoor ontken dat hy sy drankie opsetlik op Zuma gemors het. Hy het aangevoer die drankie het gemors toe mense teen hom gestamp het. Peense het wel erken dat hy onder die invloed van alkohol was toe die voorval plaasgevind het. ‘n Woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, Natasha Ramkisson, sê die saak is uitgestel aangesien die verdediging ‘n verslag by die proefbeampte aangevra het. Peense het op sy Facebook-blad bevestig dat die saak tot 1 November uitgestel is en dat hy voor dan deur ʼn proefbeampte en ʼn beampte van korrektiewe dienste ondervra moet word om ʼn besluit te maak rakende sy vonnis.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.