Man wat drankie op Zuma mors skuldig aan aanranding

Die man wat sy drankie op president Jacob Zuma gemors het tydens die Durban July-perdewedren verlede jaar, is skuldig bevind op ʼn klag van aanranding.

Daryl Peense, ʼn beroepswedder van Gauteng, het tydens vorige hofsittings aangedui dat hy per ongeluk van sy drankie gemors het toe die president verbygeloop het en dat hy onder die invloed van alkohol was ten tyde van die voorval. Die saak is uitgestel tot 7 September vir vonnisoplegging.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.