Man wat glo 34 minderjariges verkrag in hof

ʼn Man wat daarvan beskuldig word dat hy 34 minderjariges en twee vrouens verkrag het, sal Donderdag in die Johannesburgse hooggeregshof, wat in die Palm Ridge-landdroshof in Thokoza aan die Oos-Rand sit, verskyn.

Die Nasionale Vervolgingsgesag sê die 42 jarige man sal na verwagting pleit op die 122 aanklagte teen hom. Hy word onder meer aangekla van verkragting, ontvoering, moord, roof en poging tot moord nadat hy glo van sy slagoffers met MIV besmet het. Die misdade is glo tussen 2006 en 2011 in Kathorus, oos van Johannesburg, gepleeg. Meer inligting sal na verwagting tydens die man se hofverskyning aan die lig kom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.