Man wat glo 5-jarige verkrag in hof

hofhamertjie-2-320x264Die saak teen ʼn 45-jarige man wat daarvan beskuldig word dat hy in 2011 ʼn vyfjarige meisie verkrag het is in die Nelspruit-streekshof in Mpumalanga uitgestel.

Pieter de Bruyn is in 2011 in hegtenis geneem en het onskuldig gepleit op die aanklagte teen hom. Dr. Abel Modiba, ʼn mediese dokter en adviseur vir die provinsiale departement van gesondheid, het Vrydag getuig dat hy die meisie twee dae na die beweerde voorval ondersoek het en vasgestel het dat sy verkrag is. Hy het gedurende die ondersoek bewyse gevind dat die meisie moontlik voorheen seksueel aangerand is. Madga Marius, die staatsaanklaer, het die hof gevra om die saak uit te stel ten einde die staat de geleentheid te gee om verklarings te kry van die ma’s van beide die slagoffer en die beskuldigde. De Bruyn se ma het getuig dat sy ʼn verklaring afgelê het by die Nelspruit-polisiestasie kort nadat haar seun in hegtenis geneem is. “Daar is later aan my gesê dat die verklaring verlore geraak het. Ek is aangesê om na die hof te kom en weer ʼn verklaring af te lê. Ek is steeds bereid om ʼn nuwe verklaring af te lê.”

Landdros Erwin Sithole het gesê die twee getuies se verklarings moet aan die hof voorgelê word ten einde te verseker dat De Bruyn ʼn regverdige verhoor kry. “Dit is in belang van geregtigheid dat die beskuldigde ʼn regverdige verhoor kry aangesien hy tot lewenslange tronkstraf gevonnis kan word indien hy skuldig bevind word op die aanklagte teen hom.” Die saak is tot 30 Januarie uitgestel sodat die staat die twee verklarings kan bekom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Ria Maritz ·

“Dit is in belang van geregtigheid dat die beskuldigde ʼn regverdige verhoor kry aangesien hy tot lewenslange tronkstraf gevonnis kan word indien hy skuldig bevind word op die aanklagte teen hom.”

***

Nou-ja toe, en die verkragte kind sit LEWENSLANK met die nagevolge van hierdie afskuwelike daad !

Indien skuldig verdien hy NIKS MINDER as lewenslank – doodstraf, waar is jy ?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.