Man wat glo drankie op Zuma mors Dinsdag gevonnis

Daryl Peense. Foto: Facebook

ʼn Gautengse man wat skuldig bevind is aanranding nadat hy glo sy drankie op president Jacob Zuma gemors het sal na verwagting Dinsdag in die Durban landdroshof gevonnis word.

Daryl Peense is in Julie vanjaar skuldig bevind aan aanranding nadat hy tydens verlede jaar se Durban July-perdewedren in hegtenis geneem is nadat hy glo sy drankie op Zuma gemors het. Peense het tydens sy verhoor ontken dat hy sy drankie opsetlik op Zuma gemors het. Hy het aangevoer die drankie het gemors toe mense teen hom gestamp het. Dit het ook gedurende die verhoor aan die lig gekom dat die drankie nooit op Zuma gemors het nie maar wel op een van sy lyfwagte wat oor hom gestaan het. Peense het erken dat hy onder die invloed van alkohol was toe die voorval plaasgevind het. Die saak is vroeër uitgestel aangesien die verdediging ‘n verslag by die proefbeampte aangevra het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.