Man wat glo drawwers doodry op borgtog vrygelaat

Die man wat daarvan beskuldig word dat hy vyf drawwers doodgery het, is in die Pretoria landdroshof op borgtog van R80 000 vrygelaat.

Sbusiso Langa (43) staan tereg op vyf aanklagte van moord, een klag van poging tot moord en een van dronkbestuur. Die voorwaarde van Langa se borgtog is dat hy nie mag bestuur terwyl hy op borg uit is nie. Langa was na bewering dronk toe hy op 23 Oktober vir Moroesi Mokoatsi (34), Reneilwe Lesenyeho (31), Gaolojwe Isaac Tlale (37), Nomvula Dumako (35) en Given Mills (30) doodgery het. Langa is glo ʼn meganiese ingenieur van Cosmosdal naby Midrand. Die atlete het glo vir die Soweto-marathon geoefen wat volgende maand plaasvind. Die voorval het in Leverweg plaasgevind. Die minister van vervoer, Sbu Ndebele, het vroeër gevra dat Langa van moord aangekla word en nie strafbare manslag nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.