Man wat glo metrobeamptes aanrand kry borg

Karen Petrus Coetzer (52), ʼn boer van Ventersdorp, is Dinsdag op borgtog vrygelaat nadat hy glo drie verkeersbeamptes aangerand het.

Lesolang Simon Mmope, ʼn woordvoerder van die departement van openbare veiligheid, sê Coetzer is op borgtog van R3 000 vrygelaat en moet op 11 September weer in die Ventersdorp-landdroshof verskyn. “Hy moet twee keer per week by sy naaste polisiestasie aanmeld en mag nie sy beweerde slagoffers intimideer nie.” Coetzer het na bewering Maandag drie metrobeamptes by ʼn padblokkade op die R30 tussen Ventersdorp en Derby aangerand nadat hulle hom voorgekeer het. Die beamptes het Coetzer glo gevra om uit sy motor te klim nadat hulle gesien het sy lisensie het in 2007 verval. Hy het die beamptes glo aangerand en weggery. Hy is sowat ʼn kilometer verder vasgetrek. Coetzer word aangekla van aanranding en die belemmering van ’n polisielid in die uitvoering van sy of haar pligte.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.