Man wat glo vrou laat verkrag, stiefseun doodskiet: een van die vermeende verkragters nou agter tralies

Johan Kotze, 'n verdagte in die saak. Foto verskaf deur die SAPD

ʼn 42-jarige man is Woensdag vir die grusame aanranding van ʼn vrou van Modimolle in hegtenis geneem, het die polisie in Limpopo gesê.

Brigadier Hangwani Mulaudzi het gesê die man is in Makapanstad naby Hammanskraal in die noorde van Pretoria in hegtenis geneem. Hy was glo een van die drie mans wat gesoek is in die aanval wat glo deur die voortvlugtige Johan Kotze op sy vervreemde vrou bewerk is. “Die verdagte sal na verwagting Vrydag in die landdroshof in Modimolle verskyn afhangende van verdere ondersoek deur die polisie.” Volgens Mulaudzi het die polisie Dinsdagaand Kotze se Toyota Fortuner in Modimolle opgespoor. Kotze is steeds op vrye voet ná hy drie werkers glo gedwing het om sy vervreemde vrou om die beurt te verkrag en hy glo sy stiefseun by sy huis in Modimolle doodgeskiet het. “ʼn Span speurders met behulp van ʼn polisie-helikopter fynkam nou die gebied waar die voertuuig verlate opgespoor is.” Volgens Mulaudzi is die polisie-ondersoek nou in ʼn gevorderde en sensitiewe stadium en verwag hulle om binnekort die ander mans vas te trek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.