Man wat glo vrou laat verkrag, stiefseun doodskiet ontvang glo interne inligting

Johan Kotze, 'n verdagte in die saak. Foto verskaf deur die SAPD.

Polisie is steeds op die spoor van Johan Kotze, die man wat daarvan verdink word dat hy sy vervreemde vrou deur drie werkers laat verkrag, en sy stiefseun doodgeskiet het, het die polisie Sondag gesê.

“Ons het heelwat wenke van die publiek ontvang,” het brigadier Hangwani Mulaudzi gesê. Volgens Mulaudzi sal die polisie met mense in verbinding tree wat met Johan Kotze in kontak was. Die 51-jarige man het glo op 3 Januarie in sy huis in Modimolle sy vervreemde vrou om die beurt deur drie mans laat verkrag en haar liggaam te skend en het toe self vermoedelik sy stiefseun doodgeskiet. Beeld het Saterdag berig dat Kotze se selfoonsein glo in Vryburg in die Noord-Kaap opgetel is. Mulaudzi het sy kommer uitgespreek oor inligting wat aan die media gedeel word. “Ons waardeer die media se betrokkenheid in die saak, maar indien besonderhede bekend gemaak word, byvoorbeeld die name van dorpe, belemmer dit die ondersoek,” het hy gesê. “Terwyl ons inligting opvolg, is die man dalk moontlik in daardie dorp en hy bly dus op hoogte van die polisie se ondersoek deur mediaberigte.” Die polisie vermoed ook dat ʼn wetsbeampte inligting aan Kotze deel en hulle is gevolglik tans met ʼn interne ondersoek besig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.