Man wat glo vrou laat verkrag, stiefseun doodskiet steeds soek

Foto verskaf deur die SAPD

Die polisie in Limpopo het ʼn beroep gedoen op die publiek om op die uitkyk te wees vir ʼn man wat glo sy stiefseun doodgeskiet het en drie mans gedwing het om sy vervreemde vrou te verkrag.

ʼn Polisiewoordvoerder, brig Hangwani Mulaudzi, sê die verdagte is geïdentifiseer as die 51-jarige Johannes Kotze. Mulaudzi sê Kotze en drie van sy werkers het glo omstreeks 17:00 Dinsdagmiddag by sy vervreemde vrou se huis in Modimolle (Nylstroom) opgedaag. Hy was glo met ʼn .22 gewapen. Kotze en die drie mans het glo sy vrou op die bed vasgemaak waarna hy die drie mans glo gedwing het om sy vrou te verkrag. Mulaudzi sê terwyl die drie mans die vrou verkrag het, het haar 19-jarige seun glo by die huis aangekom waarna Kotze hom met die .22 in die kop geskiet het. Hy is op die toneel dood. Maroela Media het intussen vertroulik verneem dat Kotze ook glo na sy stiefdogter se huis gery het om haar moontlik leed aan te doen. Sy was glo nie tuis nie. Kotze het gevlug in sy wit Toyota Fortuner met die registrasienommer DCS392FS. Die drie ander verdagtes het ook op die vlug geslaan.

Enigiemand met inligting kan lt. kol. Malisela Mohale skakel by 082 565 8606.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Helen ·

Is this the official photogragh of Mr Johan Kotze released by the police?

Nico Strydom ·

Hi Helen. Yes this is the official photo released by the police. Kind regards

ek sal hom hunt - baie mense se toevlug is suipkus toe hy sal spyt wees as ek hom n die hande kry.Ek sal my beste doen oe oop hou sy gat gat sal klap dit belowe ek ·

Ek sal vir hom soek op die Suipkus dit is waar almal komweg kruip. Sy gat sal klap Ek al hom self straf die vark.

pj ·

dis ‘n lae luis : gemors !!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

hy (die gemors) is nie ‘n man se @#$%^&!#R$ werd nie. Dis sulke tipe varke wat die beeld van die man in die modder sleep.

Ons mag nie oordeel nie, want ons is nie in die posisie nie, maar elkeen van ons is menslik en wrok in ‘n mens se hart is deel van menswees. Hierdie afskuwelike daad is seker van die mees afgryslikste nog waarvan ek weet. My gedagtes en gebede gaan uit na daardie vrou en pa wat hul seun in die omstandighede verloor het, en die geweldige trauma wat daardie vrou tans deurgaan.

Corrie Bornman ·

Ek het sy foto na almal wat ek ken gestuur. As almal dit doen is daar nerens wegkruip plek vir hom nie. Die tronk is n juicy plek vir varke soos hy. Hy gaan n wyfie word.

Corrie Bornman

IG ·

Wat ‘n lafaard, die vrou & haar seun het nie ‘n kans gehad nie ! Nou kan die meneer nie verantwoordelikheid vat vir sy dade nie. Dit het tyd geword dat individue leer dat daar ‘n
reaksie op elke aksie is, en dat hulle die verantwoordlikheid daarvoor vat. Wat ‘n geweldadige
gemeenskap, en dit word net erger.
Ek hoop regtig nie dat hy hom probeer beroep op ander se menslikheid nie….. hy verdien nie
enige genade nie

Kotie ·

Ek hoop hy word baie goe gevang, die HEL wat die arme vrou moet deurgaan is iets onbeskryflik, SULKE LAFHARTIGE VARKE verdien nie tronkstraf nie, DIE GALG IS DIE REGTE STRAF.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.