Man wat hawelose skiet kry borg

Johannes Theno Coetzee, die 25-jarige man van Pretoria wat verlede Dinsdag glo ʼn hawelose man doodgeskiet het nadat sy meisie deur ʼn grypdief aangeval is, is Donderdag op borgtog van R5 000 vrygelaat.

Maroela Media het vroeër berig ʼn gryp-en-spaandervoorval het glo tot die hawelose man se dood gelei. Coetzee se vriendin, Lene Praeg (20), is in haar voertuig in Garsfonteinweg naby die N1-oprit in Pretoria deur ʼn grypdief aangeval. Haar handsak, selfoon en iPad is gesteel. Sy het na die voorval na ʼn nabygeleë vulstasie gery en Coetzee gebel. Coetzee het haar iPad se sein gevolg tot ʼn veld langs ʼn vulstasie in Atterburyweg. Vandaar is hy te voet die veld in. Hy was met ʼn pistool gewapen. Hawelose mans het onder ʼn boom gestaan en weggehardloop toe hulle hom sien. Hy het op hulle geskiet en die hawelose man noodlottig gewond, waarna hy in hegtenis geneem is. Lees meer hier.

Coetzee staan tereg op ‘n aanklag van moord met voorbedagte rade. Die saak is in die Pretoriase landdroshof uitgestel vir verdere ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

De Wet Momberg ·

Hoekom is sy borg so min en Oscar Pistorius s’n so baie ???? Die man se situasie is verswarend in vergelyking met Oscar se saak ?

Gawie Botha ·

Ek kry geen ondersteuning van die SAP,,,ek volg n leidraad op,,,dit stuur n seinsterkte na my,,,,,ek word opgemerk deur die beskuldiges,,ek ken hulle van geen kant af,,,,,,,,ek is stoksiel alleen,,,,,na ek my identifiseer,,en gesteelde eiendom terug eis,,storm alamal op my af,,,,ek skiet waarskuwings skote,,,geen efek,alles gebeur in breukdele van sekondes,,eers nadat een van die persone neerval,,besluit die ander om te vlug,omdat ek met n vuurwapen bewapen is,,,,,,,hoekom sou hulle weghardloop vir my,,,,,hulle weet mos nie wie ek is,,hulle het kans gesien om my aan te val en moontlik ernstig te beseer of te dood,,,,,,,,,ek het in self verdediging opgetree!

De Wet Momberg ·

Nee ou Gawie , wel ‘n mooi storie maar dit het nie so gebeur nie . Die man het pistool in die hand agter die skelm aan gehardloop . Ja daar was ander haweloses daar maar uit ondervinding kan ek jou vertel gaan geen mens ‘n ander teesit met ‘n pistool in die hand ,wat duidelik uit is op konfrontasie,vir ‘n misdryf wat jy nie aandeel in het en geen baat daarby gaan vind nie . Ses en ‘n halwe jaar se ondervinding in die SAP

HELENA SEABORNE ·

poging tot moord maar wat van al die gemors wat die witmense so wreed uitmoor? glo ni eers daar word altyd na die gemors gesuk ni.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.