Man wat met miljoene rand se heroïen betrap is, weer in hof

Argieffoto

Argieffoto

Makunkha Kennedy Manda, ʼn 45-jarige man van Malawi, sal na verwagting Dinsdag weer in die Musina-landdroshof verskyn nadat hy glo probeer het om heroïen met ʼn geraamde straatwaarde van R19 miljoen na Suid-Afrika te smokkel. Hy gaan na verwagting Dinsdag vir aansoek doen om borgtog.

Manda is op 20 Desember in hegtenis geneem en formeel aangekla van die besit van die dwelmmiddels. Hy is by die Beitbrug-grenspos in Musina vasgetrek deur die Suid-Afrikaanse Polisiediens en die Suid-Afrikaanse Inkomstediens. Hy het ʼn luukse bus van ‘n bekende Suid-Afrikaanse busdiens bestuur.

Meer as 1 981 gram heroïen-tablette is op die bus gevind. Die bus was van Malawi op pad na Suid-Afrika.

Lees ook:
R19 m.-heroïen-saak uitgestel
Man in hof wat met heroïen van R19 miljoen betrap is

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

estelle ·

gee hom vir my!!!!! sit met twee heroien verslaafdes! heroien gebruik is : teken jou doodsvonnis!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.