Man wat petroljoggie met plank doodslaan: saak hervat

plankDie saak van die man wat vroeër vanjaar ʼn petroljoggie in Kaapstad met ʼn plank doodgeslaan het, hervat vandag weer in die Mitchellsplein-landdroshof.

Lebeeq Manan (30) het vir Lawrence Mandipazano (34) op 4 Junie by die Lentegeur-vulstasie met ʼn plank aangerand. Manan het homself glo vir Mandipazano vererg, omdat Mandipazano nie brandstof in sy voertuig wou gooi nie. Die vulstasie se beleid is glo om eers betaling te ontvang alvorens brandstof ingegooi kan word. Manan het in sy BMW van die vulstasie weggejaag en later teruggekeer en Mandipazano met ʼn plank geslaan. Mandipazano het later in die hospitaal aan sy beserings beswyk.

Manan is op 3 Julie op borgtog van R3 000 vrygelaat nadat die hof aangehoor het dat hy geen vorige oortreding of lasbriewe vir inhegtenisnemings gehad het nie. Manan het destyds aan die hof gesê hy het Mandipazano nie geken nie en het onderneem om nie enige kontak met die staatsgetuies te maak nie.

Lees ook:
Man in hof wat glo petroljoggie met plank doodslaan
Petroljoggie met plank doodgeslaan

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Jasper ·

Hoe op dees aarde moet jy weet hoeveel dit gaan kos as jy jou tenk wil volmaak ? Dankie tog daar het nie n eselskakebeen rond gelê nie.

Jasper ·

Hoe op dees aarde moet jy vooruit weet wat dit gaan kos om vol te maak?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.