Man wat polisielede en self skiet glo van Suidlander-beweging

Die man wat selfmoord gepleeg het ná hy ʼn polisiebeampte en twee lede van die gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) Vrydagaand geskiet het, was glo “ver regs”.

Maroela Media het Saterdag oor die voorval berig wat by die 59-jarige man se huis in The Greenstraat, Robinpark in Randfontein, Gauteng, plaasgevind het. Die man was ʼn vermeende lid van die verregsgesinde Suidlander-beweging, berig Beeld.

Luitenant-kolonel Katlego Mogale, ʼn polisiewoordvoerder, het gesê die man het glo omstreeks 22:00 op die beamptes met ʼn R1-aanvalsgeweer losgebrand, terwyl hulle sy huis vir ongelisensieerde vuurwapens deursoek het. “’n Skietery het uitgebreek waarna die man glo homself in ‘n kamer toegesluit en homself doodgeskiet het.”

Al drie beamptes is ernstig gewond, maar danksy hul koeëlvaste baadjies is hulle nie noodlottig beseer nie.

Mogale sê daar is beslag gelê op verskeie wapens en propaganda materiaal. Ao. Fanie Botha (37), asook Hannes Mulder en Byron Calvert van die Randfontein-GPF (albei 27) sterk tans in die hospitaal aan. Hul toestand is stabiel.

Vir meer inligting, klik hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.