Man wat PTA-restaurant beroof sit lank

tronkdeur‘n Man is tot 25 jaar tronkstraf gevonnis nadat hy ‘n restaurant in Pretoria beroof het, het die polisie Vrydag gesê.

“Johannes Moyo (37) van Yeoville, is op 25 Oktober deur die Pretoriase landdroshof tot 25 jaar tronkstraf gevonnis,” het kapt. Colette Weilbach, woordvoerder van die polisie, gesê.

Moyo en ‘n medepligtige het op 5 November 2012 die Brewers Fish and Grill-restaurant in Pretoria Moot beroof. Hulle het met kontant en ‘n selfoon gevlug. Die eienaar van die winkel het hulle in sy motor agternagesit. Moyo het glo ‘n skoot op die eienaar afgevuur, terwyl die ander man weggehardloop het. “Moyo het in die proses voor ‘n ander voertuig ingehardloop en hy is omgery.”

Hy is in hegtenis geneem en ballistiese toetse is op die vuurwapen gedoen. Die ondersoek het bevind die vuurwapen is ook in Oktober 2012 in ‘n besigheidsroof in Douglasdale gebruik.

“Moyo is vantevore skuldig bevind aan ‘n bankroof wat in Johannesburg plaasgevind het,” het Weilbach gesê. “Dié vonnis dien as ‘n waarskuwing vir reeksoortreders dat hulle kan hardloop, maar hulle kan nie vir altyd wegkruip nie. Geregtigheid sal uiteindelik seëvier.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Gideon Erasmus ·

Ek wil net vir hom hierdie Afikaanse woord sê wat so goed op die tong val. Lekkerrr.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.