Man wat PTA-wetenskaplike vermoor uiteindelik gevonnis

Een van die mans wat ʼn afgetrede wetenskaplike vyf jaar gelede in sy huis in Garsfontein, Pretoria, vermoor het, is Dinsdag gevonnis.

Regter Cynthia Pretorius het die 38-jarige motorwag van Dennilton, Abel Magopa, tot 38 jaar gevonnis. Hy sal effektief 25 jaar van die vonnis uitdien. Magopa is verlede week skuldig bevind dat hy die 61-jarige prof. Bill van der Riet in 2007 vermoor het en ʼn koffer, klere, muntstukke en ʼn DVD-speler gesteel het.

ʼn Lid van die gemeenskapspolisiëringsforum het Van der Riet se liggaam gekry nadat sy tuinier om hulp gaan soek het toe hy nie toegang tot die eiendom kon bekom nie. Van der Riet was vasgebind en halfnaak en ʼn vadoek was om sy nek gebind.

Magopa se wysvinger is op ʼn koerantadvertensie gevind en sy palmafdruk op ʼn pamflet langs die liggaam. Die koffer was in ʼn blombedding naby die hek. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.