Man wat selfmoord pleeg waarsku paramedici

ʼn Man het homself Donderdagaand in sy motor tussen Fochville en Parys vergas.

Netcare911 sê in ʼn verklaring die man se liggaam is vroeg Vrydagoggend in sy motor gevind. Die man het bordjies teen sy motor vasgeplak waarop hy paramedici waarsku dat die gas in die motor giftig is en dat hulle uiters versigtig moet wees. Brandbestryders het van die nodige toerusting gebruik gemaak om die man se liggaam uit die motor te verwyder. Die man het verskeie industriële oplosmiddels gemeng en daarin geslaag om ʼn baie giftige gas soortgelyk aan chloorgas te bewerk. Die Johannesburgse en Potchefstroomse eenhede vir gevaarlike materiale het die besmette voertuig en gebied rondom beveilig. Die polisie ondersoek die saak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.