Man wat tydens huisrooftog geskiet is dalk breindood

Dokters sal Maandagoggend bepaal of Ruan Coetzee (21), wat tydens ʼn huisrooftog ses keer geskiet is, breindood is.

Beeld berig dat daar vermoed word dat Coetzee breindood is en daar moontlik Maandag ʼn besluit geneem kan word oor of die masjiene wat hom aan die lewe hou afgeskakel moet word. Coetzee en sy ouers, Kobus en Linda, is Saterdagaand aangeval in hulle huis in Wonderboom, in die noorde van Pretoria. Linda (47) het breinskade in die aanval opgedoen en haar regteroog verloor nadat sy in die kop geskiet is. Kobus is in die maag gewond. Die gesin is saam 12 keer raak geskiet. Ruan se vriendin, Rozanne Oeschger, is skrams in die been getref.

Lees die berig hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.