Man wat tydens huisrooftog geskiet is sterf

Ruan Coetzee, wat die naweek ses keer in die rug geskiet is tydens ʼn huisrooftog, is Donderdag oorlede nadat hy breindood verklaar is.

Beeld berig dat twee dokters die besluit geneem het om die masjiene af te skakel en dat sy organe geskenk is. Ruan en sy ouers, Koos en Linda, is die naweek verskeie kere geskiet nadat hulle in hulle huis in Wonderboom, noord van Pretoria aangeval is. Linda is in ʼn kritieke toestand in Steve Biki-hospitaal. Sy het haar regteroog verloor nadat sy in die kop geskiet is. Kobus, wat in die maag geskiet is, is in die waakeenheid van Montana-hospitaal. Kobus is ʼn oud-Springbok-spiesgooier terwyl Linda ʼn onderwyseres is aan Curro Roodeplaat.

Die familie van die Coetzees het ’n trustrekening geopen vir hul hospitaalkoste. Die besonderhede is: Nell Kotze en Van Dyk prokureurs- trustrekening: Absa 4052262032 met takkode 334945.

Lees meer hier

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.