Man wat verdink word van moord op Lolly se prokureur, dood gevind

Die vermoorde Teazers-baas, Lolly Jackson. Foto: Werner Beukes/SAPA

Mark Phillip Andrews, die hoofverdagte in die moord op die Johannesburgse prokureur, Ian Jordaan, se liggaam is Woensdagoggend gevind, berig EWN.

Jordaan was die prokureur van die vermoorde Teazers-baas Lolly Jackson. Andrews se liggaam is in Brackendowns aan die Oos-Rand gevind met ʼn enkele skietwond. Jordaan is glo verlede week Dinsdag ontvoer nadat hy “gelok” is deur mense wat hulle glo as kliente voorgedoen het. Daar is glo ook ʼn groot som geld uit Jordaan se bankrekening na ‘n Bidvest-rekening oorgeplaas. Jordaan se uitgebrande motor is op sy dak onder ʼn brug op die Broederstroompad naby Hekpoort buite Krugersdorp gekry. Jordaan is vermoedelik aan die brand gesteek nadat hy reeds dood was. Die polisie kon nog nie bevestig dat die liggaam in die Jordaan se motor wel sy lyk is nie. Daar is reeds vroeër bespiegel dat Jordaan vermoor is as gevolg van sy verhouding met Jackson.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.