Man wél deur groep mans verkrag

ʼn Man van Rustenburg is Donderdag glo deur sewe mans in ʼn bos langs die pad na Mooinooi verkrag.

Maroela Media het Saterdag met die slagoffer (32) se stiefbroer gepraat wat die voorval bevestig het. Die slagoffer en broer se name word weerhou om die slagoffer se identiteit te beskerm.

“My broer bly in Kroondal, dit is sowat 5km buite Rustenburg. Hy werk in die dorp en het nie Donderdagmiddag ʼn rygeleentheid teruggehad huis toe nie,” het die man aan Maroela Media gesê.

Hy sê sy broer het huis toe geloop toe ʼn voertuig met sewe insittendes vir hom ʼn rygeleentheid na Kroondal aangebied het.

“Hy het toe saamgery maar hulle het verby Kroondal gery op pad Mooinooi toe. Hulle het sowat 30km van Rustenburg af in ʼn bos ingery,” het sy broer gesê.

Hy sê die groep wou sy broer beroof maar toe niks waardevols aan hom gevind is nie, het hulle ʼn sak oor sy kop getrek, hom deur die bosse gesleep en hom glo herhaaldelik om die beurt verkrag. Die slagoffer beweer ook hy was bedwelm. “Daar is klein steekmerkies in die vou van sy arm,” het hy gesê.

Die slagoffer het sy weg terug na ʼn vulstasie in die dorp gekry. Dit is nog onduidelik hoe hy in die dorp gekom het. Hy is glo van daar deur ʼn ambulans na die PKG hospitaal geneem. Hy is Vrydag ontslaan. “My ma het hom gaan besoek. Sy sê dit is hartverskeurend om so ʼn groot seun te sien huil,” het hy gesê.

ʼn Vriendin wat na hom omsien sê die slagoffer is kalm maar het nog baie pyn en is op medikasie en wil net die heeltyd slaap.

Maroela Media het Vrydag berig gerugte van ʼn 25-jarige man wat glo deur sewe mans verkrag is, het Donderdag en Vrydag groot reaksie op sosiale media ontlok.

Die gerug lees: “Wit seun (25). Rustenburg vandag naby mooinooi oorrompel toe niks waardevols gevind word toe verkrag al 7 swartes hom. Hy lê nou in ou pkg hospitaal op RTB [sic]” Dié boodskap  is wyd op Facebook en Twitter versprei.

Maroela Media kon egter op navraag op dié inligting nie bevestiging van die polisie of hospitaal kry nie.  ‘n Saaknommer is intussen bekom en aan die polisie oorhandig. Kapt. Amanda Funani, polisiewoordvoerder van Noordwes, kon met die saaknommer Saterdag bevestig dat die saak oopgemaak is. “Die polisie is besig om die saaknommer na te gaan en sal kommentaar lewer sodra meer inligting beskikbaar is,” het sy gesê.

Opvolg: Lees die polisie se kommentaar hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

MARTHIE ·

barbare wat anders noem mens sulke ????(kani eers se mense nie) dis so onnodig

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.