Man wen $338 miljoen-boerpot

Pedro Quezada, sy vrou Ines, en een van hul kinders Foto: northjersey.com

‘n Winkeleienaar van New Jersey in Amerika sê hy is die houer van die kaartjie ter waarde van $338 miljoen in die Powerball-lotery.

Pedro Quezada (44) het Maandagmiddag by ‘n drankwinkel in Passaic, New Jersey, ingestap waar die wenkaartjie verkoop is en het die kaartjie oorhandig om bekragtig te word. Die eienaar van die drankwinkel het glo die kaartjie skandeer, en die boodskap “Boerpot!” het op die skerm verskyn.

“Ek is baie gelukkig,” het Quezada, oorspronklik van die Dominikaanse Republiek, gesê. Hy is ‘n pa van vyf kinders.

Die kaartjie kan geëis word met ‘n lompsombetaling van $211 miljoen. Volgens beamptes van Powerball is die $338 miljoen-boerpot die vierde grootste in die geskiedenis van die Powerball-lotery. Die grootste boerpot ooit was $587.5 miljoen in 2012.

Eagle Liquor ontvang glo $10 000 as die verkoper van die wenkaartjie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.