Man wil dagvaar ná Facebook-beskuldiging

Philip Brink van Gordonsbaai beplan om ʼn polisiebeampte te dagvaar nadat sy glo ʼn foto van sy stiefseun op Facebook geplaas en hom van diefstal beskuldig het.

The Star berig dat Brink (53) beplan om die beampte, wat ʼn hoë rang in die polisie beklee, vir R500 000 te dagvaar vir naamskending en emosionele trauma wat hulle ná die sosialemedia-boodskap beleef het.

Die vrou se seun se selfoon is glo op 4 April gesteel en sy het toe in Afrikaans op Facebook ʼn boodskap publiseer. “My seun en sy vriende is vanaand deur twee varke van hul selfone beroof, en die varke spog steeds dat hulle hulle gaan doodsteek, soos wat hulle ʼn ander kind by die winkel doodgesteek het,” lui die boodskap. “Hulle het die kinders aangerand en alkohol in hul kele afgegooi.”

Brink se stiefseun, Kyle Yon (20) het homself aan die polisie oorgegee. Hy bly in aanhouding. Sy vermeende medepligtige is steeds op vrye voet.

“Die polisiebeampte het foto’s van hulle aanlyn publiseer sonder om te weet of hulle skuldig is of nie,” het Brink gesê. “Sy het hulle ook van die aanranding van ʼn ander kind beskuldig. My 13-jarige dogter en haar vriende ken dié kind.”

Brink sê sy vrou kan, sedert die voorval, nie slaap nie en is verleë, aangesien haar kollegas daarvan bewus is. Volgens die Star het hy die polisiebeampte by die Onafhanklike Polisieondersoekdirektoraat (Opod) aangegee.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Liza ·

My vraag, hoekom gaan gee iemand hom oor as hy onskuldig is? as sy ander medepligtiges og op vrye voet is, beteken dit tog hy is skuldig aan iets, waarom hom dan self oorgee

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.