‘n Man van Brits in Noordwes het sy vrou en twee jong seuns vermoor voor hy selfmoord gepleeg het.
ʼn Polisiewoordvoerder, kapt. Tselane Nkala, sê die gesin se liggame is deur die pa se broer gevind voor hy die polisie in kennis gestel het. Nkala sê drie liggame is op die bed en een op die vloer gevind in die gesin se huis in Newtown. Die man het glo Maandagoggend sy vrou en twee kinders doodgemaak nadat hy en sy vrou glo stry gekry het. Nkala sê die kinders, onderskeidelik drie en 12 jaar oud, en die 30-jarige ma is met ʼn skerp voorwerp doodgesteek. Die pa het selfmoord gepleeg deur gif te drink. Volgens ʼn ooggetuie het die egpaar gestry oor hulle verhouding en wou die vrou weggaan met die twee seuns. Die polisie ondersoek die saak.