Man word oor massamoord ondervra

Die polisie in KwaZulu-Natal in verband met die moord op ‘n vrou en haar vyf kinders oor die naweek.

Kol. Vincent Mdunge, woordvoerder van die polisie, sê hy kan nie tans enige besonderhede oor die man beskikbaar stel nie, weens “die sensitiwiteit van die ondersoek”. Die moorde het Saterdag by ‘n huis in Inanda, Durban, plaasgevind. Die liggame van Nobuhle Leneha (38), ‘n kafeteria-eienaar, en haar vyf kinders is Sondag deur haar swaer opgespoor. Hy kon haar Saterdag nie in die hande kry nie en het Sondag gaan ondersoek instel.

Hy het die vyf kinders se liggame in die slaapkamer aangetref, en Leneha se liggaam in die gang. Die enigste oorlewende is ‘n kleuter wat tussen 14 en 17 maande oud is. Die baba was glo aan sy ma se lyf vasgegordel. Volgens The Mercury is die baba nie beseer nie, hy was net honger en ontwater.

Die kinders, Khalalelo Bobora (14), Tumelo Bobora (9), Karabo Bobora (7), Simpiwioe (5) en Takiso Bobora (3) is met verskeie steekwonde aan hul liggame aangetref. Leneha het ‘n borswond gehad, maar dit is nog nie duidelik of sy met ‘n skerp voorwerp gesteek of geskiet is nie.

Volgens Mdunge was die vrou se man tydens die moord nie by die huis nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.