Man word wakker in lykshuis

ʼn Man van die Oos-Kaap het in ʼn lykshuis van ʼn privaat begrafnisondernemer wakker geword. Die man se familie het hom as dood beskou nadat hulle hom nie wakker gekry het nie en hy is Saterdagmiddag na die lykshuis geneem.

Hy het egter sowat 21 uur later, die Sondagmiddag, wakker geword. Volgens ʼn woordvoerder van die Oos-Kaapse departement van gesondheid, Sizwe Kupelo, het die twee assistente wat aan diens was by die lykshuis baie groot geskrik en weggehardloop. Die man is by ʼn plaaslike hospitaal vir ontwatering behandel en is vroeër vanoggend ontslaan. Kupelo sê dokters, nooddienswerkers en die polisie is die enigste mense wat pasiënte mag ondersoek en bepaal of hulle dood is of nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.