Man wou glo Reserwebank-amptenare omkoop

ʼn Chinese sakeman is Vrydag in hegtenis geneem nadat hy glo beamptes van die Reserwebank wou omkoop.

Kapt. Paul Ramaloko, woordvoerder van die Valke, het Saterdag gesê die 41-jarige man wou beamptes by die bank glo met R100 000 omkoop om sy R2,5 miljoen kontant vry te stel waarop vroeër, ná ‘n ondersoek teen hom, beslag gelê is.

Die man moet Maandag in die Pretoriase handelsmisdaadhof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.