Man wou homself aan tiere voer

Foto: China Daily

Foto: China Daily

ʼn Man in China het ʼn onsuksesvolle poging, om homself aan ʼn paar Bengaalse tiere te voer, oorleef.

Yang Jinhai (27) het Sondag glo by die Chengdu-dieretuin in ʼn boom geklim en in die tiere se hok gespring, berig die Chengdu Business Daily. Yang, ʼn werklose wat volgens sy broer ook aan ʼn geestelike versteuring ly, het “oordrewe bewegings” gemaak toe hy 20 minute lank die tiere probeer oorreed het om hom te vreet. “Ek het hulle gevra om my te byt, en my vleis te eet, so ek het nie terugbaklei nie,” het Yang aan die koerant gesê.

Die tiere het hom egter net gekrap en aan sy nekvel rondgesleep.

Personeellede van die dieretuin moes die tiere verdoof sodat hulle Yang kon red. Hy het 16 “geringe wonde” opgedoen en word nou vir depressie behandel. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.