Man wurg glo vrou, stoot motor in rivier

ʼn 19-jarige man sal vandag in die Meyerton-landdroshof verskyn nadat hy glo ʼn kollega gewurg en haar motor in ʼn rivier ingestoot het.

Beeld berig dat die 20-jarige vrou omstreeks 22:00 eergisteraand van die werk af gekom het en die kollega by sy huis sou gaan aflaai. Hy het haar glo begin wurg tot sy haar bewussyn verloor het. Hy het haar glo weer gewurg toe sy bygekom het terwyl hy verder met haar motor gery het. Die vrou het haar bewussyn daarna in haar motor in die Kliprivier herwin en kon daarin slaag om uit die motor te ontsnap, na die wal te swem en hulp te gaan soek. Die man is in hegtenis geneem en van poging tot moord aangekla. Die vrou sal moontlik vandag uit die hospitaal ontslaan word.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.