Mandela-afsterwe haal wêreldnuus

nyt mandelaVoormalige pres. Nelson Mandela se afsterwe het Vrydagoggend internasionale nuus gehaal.

Koerante en televisiestasies regoor die wêreld het foto’s van Mandela op hul webwerwe met groot opskrifte daarby gepubliseer.

Die New York Times se hoofopskrif lui: “Peaceful Liberator of a Torn South Africa” [Vreedsame bevryder van ʼn geskeurde Suid-Afrika].

CNN skryf op sy webwerf: “Nelson Mandela is dood” met ʼn foto en talle ander berigte oor sy lewe daarby.

Sky News het sy hele tuisblad op sy webwerf aan Mandela opgedra.

Die BBC het die hoofopskrif “Nelson Mandela sterf 1918 – 2013” met foto’s en berigte oor sy lewe.

Die Washington Post het aangekondig: “A nation’s healer is dead” [ʼn Nasie se heler is dood] met ʼn swart-en-wit-foto van Mandela in sy tronksel op Robbeneiland.

Die Australian het ʼn groot foto van Mandela saam met die oorlede popster Michael Jackson op sy webwerf. Die foto is in 1996 geneem.

Die Times of India het net ʼn klein foto en ʼn klein berig oor Mandela.

Die China Daily het ook ʼn paar klein stories gepubliseer sonder foto’s.

Talle webwerwe het ook videogrepe en reaksie-berigte oor sy afsterwe.

Maroela Media het ook ʼn volle bladsy aan Mandela afgestaan. Klik hier om dié bladsy te besoek.

President Jacob Zuma het Donderdagaand aangekondig Mandela is omstreeks 20:50 by sy huis in Houghton, Johannesburg, oorlede. Hy was 95.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae