Mandela-diens: Gebaretaaltolk aangekla van moord

Thamsanqa (Thami) Jantjie Foto: Alon Skuy, SAPA

Thamsanqa (Thami) Jantjie Foto: Alon Skuy, SAPA

Die gebaretaaltolk by Nelson Mandela se gedenkdiens is vroeër skuldig bevind aan diefstal en het ‘n reeks kriminele klagte insluitend ‘n aanklag van moord teen hom, het eNCA Vrydag berig.

eNCA berig ‘n saak van moord, poging tot moord en ontvoering is in 2003 teen Thamsanqa Jantjie en twee ander mans gelê en is in 2004 na die Johannesburgse hooggeregshof verwys. Die saak is in November 2006 afgehandel. Die uitslag van die saak is egter onbekend, aangesien die hofdokument glo leeg was toe eNCA-verslaggewers navraag gedoen het.

eNCA het deur middel van hofdokumente en polisierekords bevestig dat Jantjie in 1995 skuldig bevind is aan diefstal en is tronkstraf van drie jaar opgelê. Hy is in 1997 beskuldig van huisbraak en opsetlike saakbeskadiging in 1998. Hy is in September 1994 aangekla van verkragting, maar is later vrygespreek.

Talle van die aanklagte teen hom is glo laat vaar, aangesien hy glo geestelik onbevoeg verklaar is om verhoor te word, berig eNCA. Klik hier om meer te lees.

Jantjie word glo vir skisofrenie behandel en het tydens die gedenkdiens ‘n episode gehad. Sy gebaretaal is deur die dowe gemeenskap as “nonsens” beskryf.

-SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Erich Goosen ·

Die hofdokument was ‘leeg’ toe die verslaggewers navraag doen. Nou het ek alles gehoor.

Jou Tier ·

En hier was nou ‘n gulde geleentheid wat nou vir ewig weg is en nie weer sal kom nie. As julle weet wat ek bedoel.

Tanya Joubert ·

Ek het baie met persone met gehoorgebrek en gesigsgebrek gewerk. Ons moes baie keer tolke inhuur en ek vind dit interessant hoekom hulle nie ‘n “backup” tolk sou reël vir so ‘n baie belangrike geleentheid waar ‘n tolk dalk kon siek raak of so iets nie. Dit sou definitief ‘n oplossing gewees het, nie dat ek vir een oomblik glo wat die man sê oor sy sogenaamde toestand nie.

Grassie ·

Hierdie skurk met gewelddadige neigings het langs president Obama gestaan tydens lg. se toespraak. Ek glo nie die Yanks gaan be-indruk wees met die RSA se veiligheidsmaatreëls nie. Dit kon baie maklik weer `n Tsafendas episode gewees het.

Jasper ·

Klip in die bos.
Is die man dalk daar geplaas deur iemand met n sinistere opdrag en dat sy moed hom begewe het ? Moenie skrik as jy hoor hy het “iets oorgekom” nie.

estelle ·

Just shows (proof) our government is a circus. And the world can see it but still applaud it

Marius Durandt ·

Wat het ons verwag van hierdie sirkus regering, jy moet ‘n veroordeelde wees om iewers te kom vandag, Robbert Mcbride is dan ‘n veroordeelde moordenaar en bomplanter en nou is hy die Hoof van die polisie Intelligensie, Wow wat verag ons van die man, hy het met sy gebare taal vir hom ‘n plekkie oopgewys in die sirkus.

Erich Goosen ·

As Sterkfontein alumni het die man darem ‘n groot voorsprong bo ander gebare tolke. Dink net as hierdie skisofreniese gebaretolk moes tolk in Chinees by ‘n konferensie van hakkelaars hoe chaoties sou dinge dan verloop het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.