Mandela-diens: Gebaretaaltolk werk vir ANC-man

Thamsanqa (Thami) Jantjie Foto: Alon Skuy, SAPA

Thamsanqa (Thami) Jantjie Foto: Alon Skuy, SAPA

Die bedrieglike gebaretaaltolk by oud-president Nelson Mandela se gedenkdiens is glo deur ʼn maatskappy aangestel wat deur Bantubahle Xozwa, hoof van die ANC se godsdienstige en tradisionele sake, besit word, berig die Sunday Times.

Xozwa het aan die koerant gesê Thamsanqa Jantjie was aangestel as ʼn administrateur en fasiliteerder by sy maatskappy, South African Interpreters. “Thamsanqa is nie ʼn tolk nie,” het Xozwa aan die koerant gesê. “Hy is jare gelede op grond van sy gesondheid gediskwalifiseer. Hy het in sy persoonlike hoedanigheid by die gedenkdiens getolk.”

Jantjie het ʼn geskiedenis van geestelike probleme. “Ek is ʼn pasiënt van Sterkfontein. Ek is ontslaan en het begin werk nadat ek behandeling ontvang het en deur dokters gemonitor word,” het Jantjie aan die Sunday Times gesê. Hy verwys na Sterkfontein Psigiatriese Hospitaal in Krugersdorp in Gauteng.

Hy het aan die koerant gesê hy was deel van ʼn groep wat twee mense in 2003 aan die brand gesteek het. “Dit was ʼn gemeenskapsding, waar die gemeenskap reg in eie hande geneem het.”

Jantjie en verskeie ander persone is aangekla van moord, poging tot moord en ontvoering. Klagtes teen hom is later laat vaar, aangesien hy onbevoeg verklaar is om verhoor te word.

Hendrietta Bogopane-Zulu, adjunkminister van vroue, kinders en mense met gestremdhede, het aan die Sunday Times gesê haar departement ondersoek die saak, aangesien Jantjie geakkrediteer is en toestemming ontvang het om op die BBP-verhoog te verskyn. “Daar is nie ʼn manier wat jy net kan opdaag en langs ʼn president kan staan nie. Iemand lieg iewers,” het Bogopane-Zulu aan die koerant gesê.

Collins Chabane, minister in die presidensie, het Woensdag gesê die regering sal die bewerings ondersoek dat Jantjie nie werklik getolk het nie.

Jantjie het ná die gedenkdiens aan verskeie media-instansies gesê hy het ʼn skisofreniese episode tydens die gedenkdiens beleef en hy het engele gesien en hy was paniekerig toe hy besef hy is omring deur gewapende polisie.

-SAPA

Lees ook:
Gebaretaaltolk: NVG kry nie hofdokumente nie
Mandela-diens: Gebaretaaltolk aangekla van moord
Regering “nie verleë” oor gebaretaaltolk
Gedenkdiens-tolk beweer hy is skisofrenies
Mandela-diens: Tolk was ‘n “bedrieër”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Demokraat ·

Dis al meer duidelik in die ANC-regering dat die een hand nie weet wat die ander hand doen nie. Niemand het nog na vore gekom wie beken dat hy hierdie gebare-tolk aangestel het vir die Mandela-gedenkdiens asook die gronde waarop hy geakkrediteer is nie – dus geen behoorlike ondersoek na die profiel van die tolk nie. Mens kan ongelukkig nie vertroue in so ‘n regering hê nie.

akram ·

Ek wil graag iets aanhaal, die feit dat hy deel was van n groep wat 2 mense aan die brand gesteek het. Dit was n gemeenskapsding. Wil hy dit dus regverdig dat indien die gemeenskap ietsdoen en hy uitgeken was, dit nou nie meer tel nie? Dit wil my dus voorkom dat indien my gemeenskap n rower vang en hy sterf tydens die burgerlike arrestasie, n persoon word geidentifiseer as deel van die groep, dit dan nie tel as n misdryf nie, en daai betrokke persoon is dus vrygestel van vervolging?

Vraaag ·

Hy kon ons baie gehelp het, ai dat so ‘n geleentheid nie gebruik is nie. Tragies.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.