Mandela-diens: Staande applous vir Obama-toespraak

Pres. Barack Obama tydens sy toespraak by Mandela se gedenkdiens by die ENB-stadion

Pres. Barack Obama tydens sy toespraak by Mandela se gedenkdiens by die ENB-stadion

Dit het iemand soos Mandela geverg om die gevangene en die tronkbewaarder te bevry, het Barack Obama, president van Amerika, Dinsdag gesê.

“Mandela het sy jare in die tronk gebruik om vir die mense van Suid-Afrika te baklei. Hy het ons die mag geleer van aksie en die krag van ideale, die belangrikheid van rede en argumente. Hy het begryp dat die ideale nie binne die tronkmure gehou kan word nie,” het Obama tydens Mandela se gedenkdiens by die ENB-stadion gesê. “Hy het sy dekades in die tronk gebruik om sy argument te verstewig. Hy het die taal en gebruike van sy verdrukker aangeleer.”

Hy het wette en harte verander.

“Dit het ʼn man geverg soos Madiba om die gevangene en die tronkbewaarder te bevry.”

“Ons moet ook namens geregtigheid optree, die toenemende ongeregtigheid.”

Obama het wêreldleiers aangemoedig om betrokke te raak in hul lande en om hul mense te help. “Te veel van ons staan op die kantlyn, gemaklik en selfvoldaan.”

Obama sê Suid-Afrika wys die wêreld dat ons kan verander. “Ons sal Mandela se gelyke nie weer sien nie.”

Hy sê die wêreld bedank Suid-Afrika dat hulle Mandela gedeel het. “Dit is ʼn eer om vandag hier saam met julle te wees, om ʼn ongeëwenaarde lewe te vier.”

“Ons was so lief vir hom; hy was ʼn man van vlees en bloed, ʼn seun en ʼn man, ʼn pa en ʼn vriend, dit is hoekom ons so baie van hom kon leer.”

Obama het ʼn paar woorde aan Graca Machel, Mandela se weduwee, gefluister voordat hy weer gaan sit het.

Die gehoor het Obama ‘n staande toejuiging gegee na afloop van sy toespraak.

Klik hier om die volledige toespraak te lees.

Staande toejuiging vir Barack Obama na afloop van sy toespraak

Staande toejuiging vir Barack Obama na afloop van sy toespraak

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.