Mandela-diens: Zuma uitgejou

Pres. Jacob Zuma by die gedenkdiens Foto: Skermskoot van regstreekse uitsending van eNCA

Pres. Jacob Zuma by die gedenkdiens Foto: Skermskoot van regstreekse uitsending van eNCA

President Jacob Zuma is Dinsdag by die ENB-stadion in Soweto by die gedenkdiens vir oud-president Nelson Mandela uitgejou.

Zuma word vergesel deur twee van sy vroue, Gloria Bongekile Ngema en Thobeka Stacy Mabhija.

ʼn Aantal mense in die gehoor het ʼn rolbeweging met hul hande gemaak, ʼn teken wat in sportwedstryde gebruik word om aan te toon dat ʼn speler vervang moet word.

Volg die gedenkdiens regstreeks:
http://www.youtube.com/watch?v=dbIhuEyo0sI&feature=share

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Rieks ·

Sjoe weet nie of ek deur moeë oë kyk nie maar hierdie “oupa” Zuma lyk nie vir my gesond nie!

Henko ·

Rieks, jy mis die bril en die middelvinger wat altyd die bril moet terugdruk.

Rieks ·

Natuurlik! Hoe kon ek dit mis – dankie dat jy my dag gemaak het. Nou te lekker gelag :-D

Sarie ·

Hierdie optrede voorspel niks goed nie Doodseker Vrîend Julius het ‘n handjie in hierdie pastei

Rika Kotze ·

Zuma moet homself maar afvra wat dink hy is die rede vir die mense se gedrag. Ek wonder net wat dink die buite wereld van ons –

Ina Cronje ·

Die Nkandla debakel speel definitief ‘n rol in vandag se gejouery – Zuma word net al ryker en sy mense word al armer. Ons sal maar sien wat gebeur met volgende jaar se verkiesing.

Deon ·

Cyril Ramaposa speel asof hy lojaal is, maar sy tyd het aangebreek.

Martie Malan ·

Ek kry skaam vir Suid Afrika se mense wie so ongeskik is en vergeet het hoekom hulle by FNB stadion is – uit respek vir Madiba. As dit Malema was wat die booooo gerell het ? shame on Malema. Die hele wereld se oe is op Suid Afrika en dan booooo hulle ons land se President. Daardie was nie die tyd en plek vir booooo nie!!!!!!

Shannon ·

Ja dis vreeslik Martie. Die belasting betalers moes eerder wag totdat hulle die fooitjie in die blikkie gooi by die 14 tol hekke oppat terug huis toe voor hulle boe. Of dalk moes hulle `n protes briefie by oom Jacob se security guard indien by Hinkaandla.
Marta, wanneer jou land se Rand minder as 10 Amerikaanse sente werd is dan is enige tyd en plek oraait vir `n gebooo. Kom ons nooi hom uit na een van die Bulle se wedstryde in Soito – die enigste mense wie hom nie daar sal booo nie is die Boere met blikke Blacklabel op kratte innie shebeens.

Piet Visser ·

Kan jy hom blameer .. vier vroue neem sy tol en sal enige iemand so afgemat wees!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.