President Jacob Zuma is Dinsdag by die ENB-stadion in Soweto by die gedenkdiens vir oud-president Nelson Mandela uitgejou.
Zuma word vergesel deur twee van sy vroue, Gloria Bongekile Ngema en Thobeka Stacy Mabhija.
ʼn Aantal mense in die gehoor het ʼn rolbeweging met hul hande gemaak, ʼn teken wat in sportwedstryde gebruik word om aan te toon dat ʼn speler vervang moet word.
Volg die gedenkdiens regstreeks:
http://www.youtube.com/watch?v=dbIhuEyo0sI&feature=share
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
14 Kommentare
Mooi so manne …. nou gaan julle oë ook oop!!
Sjoe weet nie of ek deur moeë oë kyk nie maar hierdie “oupa” Zuma lyk nie vir my gesond nie!
Hierdie optrede voorspel niks goed nie Doodseker Vrîend Julius het ‘n handjie in hierdie pastei
Zuma moet homself maar afvra wat dink hy is die rede vir die mense se gedrag. Ek wonder net wat dink die buite wereld van ons –
Soos jy beggin sal jy eindig. thabo was deur Zuma ontroon , wonder wie gaan Zuma se troon steel.