Mandela-familietwis duur voort

Dr Makaziwe Mandela, enigste oorblywende dogter uit Nelson Mandela se huwelik met Evelyn Mase Foto: nelsonmandela.org

Dr Makaziwe Mandela, enigste oorblywende dogter uit Nelson Mandela se huwelik met Evelyn Mase Foto: nelsonmandela.org

ʼn Volgehoue stryd tussen sommige lede van die Mandela-familie, wat die afgelope jaar hoofopskrifte gehaal het, het weer ʼn wending geneem nadat Mandla Mandela glo, vier dae voor Mandela se begrafnis, uit die familie se huis in Qunu uitgesluit is.

Mandla se huis op die Mandela-landgoed was glo ook op die dag van sy oupa se begrafnis sonder elektrisiteit en water gelaat.

The Times, ʼn koerant in Johannesburg, het Dinsdag berig dat slotte by oud-president Nelson Mandela se huis in die Oos-Kaap verander is kort nadat sy oudste dogter, Makaziwe Mandela, Donderdag daar aangekom het. Mandla was in daardie stadium deel van ʼn nagwaak langs sy oupa se kis terwyl Mandela vir drie dae lank by die Uniegebou in staatsie gelê het.

Mandla het die kis Saterdag na Qunu vergesel vir Mandela se teraardebestelling, wat Sondag plaasgevind het.

Freddy Pilusa, woordvoerder vir Mandla Mandela, het Woensdag aan die Associated Press gesê Mandla wil die gerugte nie ontken of bevestig nie. “Hy wil eerder op die bevordering van sy oupa se nalatenskap fokus en om dit voort te dra,” het Pilusa gesê.

Mandla en Makaziwe was in ʼn publieke geskil gewikkel oor die beheer van Mandela se nalatenskap en leierskap.

Die koerant het berig dat die volgende sedert Mandela se afsterwe op 5 Desember plaasgevind het:

– Kragtoevoer en water by Mandla se huis op die Mandela-landgoed is laat Saterdag afgeskakel. Die inwoners, insluitend Mandla, het geen water gehad toe hulle Sondag (die dag van die begrafnis) wakker geword het nie;
– Makaziwe hat aan Mandla gesê hy moet sy beeste, varke en honde van die landgoed verwyder;
– Familielede, politici en godsdienstige leiers, wat hulself by Mandla skaar, is omseil en het nie akkreditasie ontvang vir Sondag se begrafnis nie;
– Tradisionele familierituele, wat in Mvezo moes plaasvind, is gekanselleer;
– Geen vervoer na die begrafnis is verskaf aan Mandla se ma, Nolusapho, of vir haar suster nie. Hulle is na die begrafnis gebring nadat ʼn lid van die familie ʼn teksboodskap aan Mandla gestuur het om hom oor die situasie in te lig. Nolusapho was glo in trane.

Na verwagting sal daar verdere twis wees oor Mandela se testament. Die inhoud van die testament is nog nie publiek bekend gemaak nie.

-SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Elize Beukes ·

Waar is die respek nou…. gaan dit oor die hondjie of die halsbandjie.. Ek nog nooit gesien dat daar so bakleiery kan en gaan ontstaan oor nalatenskap nie. Geldgiergheid bring jou nerens nie..dryf mekaar verder weg. Dis soos aasvoëls wag dat die dood neerslaan en begin pik!

Melani ·

Die inhoud van die testament is al aan die familie bekend toe hy in Julie dood is. Ek wonder hoe lank gaan die geheim gehou word dat hy nie 5 Desember die emmer geskop het nie.

Jan ·

Ja Melani, jy wag seker vir die beloofte “nag van die messe”
Ek hoop tog dat almal nou kan sien dat Siener en almal wat in hom glo vals is.

Ver Van Ryn ·

Jan, Siener het nooit die nag van die lang messe voorspel of enige iets van die aard gedoen nie. Die skuldige een is Johanna Brandt, n vrou uit dieselfde tydperk wat geglo het sy kan die toekoms voorspel. Maar ongeag die skrywe van Van Rensburg of Brandt sal daar altyd mense met politiese agendas wees wat hul woorde sal verdraai om goed soos uhuru en nag van die lang messe na vore te bring.

amelia ·

Jan siener het nooi n datum genoem nie Ja jy kan glo wat jy wil Dit is vir my duidelik dat jy nie sy boeke gelees het nie en dus ook nie enige iets sal glo wat daar voorspel is nie maar wees verseker ons gelowige wittes sal oorwin met die hulp van BO En siener nie gepraat van nag van die lang messe nie wel gese by swart persoon se begrafnis sien hy vlamme voor by kis uitkom Gaan lees sy boeke jy sal nie spyt wees nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.