Mandela-foto haal R2 miljoen

Foto: Adrian Steirn

Foto: Adrian Steirn

ʼn Foto van voormalige president Nelson Mandela is vir $200 000 (sowat R2 miljoen) verkoop.

Die geld sal aan die Nelson Mandela-kinderhospitaal en World Wildlife Fund geskenk word.

ʼn Kunsversamelaar van New York, wat anoniem wou bly, het die foto aangeskaf. Dit is die meeste wat nog ooit vir ʼn Suid-Afrikaanse foto betaal is.

Adrian Steirn het dié foto van Mandela, met sy gesig wat in ʼn spieël reflekteer, geneem.

Die Nelson Mandela-kinderhospitaal word nog gebou en sal na verwagting laat volgende jaar sy deure oopmaak.

Foto’s van emeritus aartsbiskop Desmond Tutu en voormalige pres. FW de Klerk sal volgende jaar in Maart op ʼn veiling verkoop word. Die opbrengs uit dié veiling sal geskenk word aan liefdadigheidsorganisasies wat die betrokke persone self kies.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.