Die foto wat versprei word verskyn onderaan die berig. Die foto van oud-president Nelson Mandela wat op sosiale media versprei is wat geblyk het of dit ʼn foto is van waar hy by die Uniegebou in Pretoria in staatsie lê, is ʼn vervalsing.
Andrew Beatty, Agence France-Presse (AFP) se nuusredakteur in Suid-Afrika, het bevestig dat die foto tydens ʼn ANC-konferensie in Julie 1991 geneem is. Mandela het met sy oë toe gestaan toe die foto geneem is.
Die Twitter-gebruiker @nQOW_bee het die foto Woensdagaand net voor middernag opgelaai. Die woorde “Hy rus nou” is by die foto geskryf. Talle Twitter-gebruikers het aangevoer die foto is ʼn vervalsing of is met ʼn fotomanipulasieprogram gedoen. Klik hier om meer te lees.
dis beslis dieselfde foto as die een wat FAP se fotograaf geneem het.
Belowe …..
In BEELD vandag, Marga Ley ‘n joernalis wat by die kis verbygestap het: “Hy lyk klein, baie klein in die groot kis. Sy heldergrys hare is dof en vaal, sy gesig ook. Die Madiba-hemp lyk nie fleurig en vrolik soos altyd nie.”
My eerlike mening, dit is nie Mandela nie, hy is lank reeds dood (Junie), hierdie mag dalk nog ‘n waspop wees.